- Title
- 'N polisistemiese ondersoek na die poësie van instagram-digters
- Creator
- De Wat Jane
- Subject
- Prosodic analysis (Linguistics)
- Subject
- Poetry
- Date Issued
- 2023-12
- Date
- 2023-12
- Type
- Master's theses
- Type
- text
- Identifier
- http://hdl.handle.net/10948/63265
- Identifier
- vital:73242
- Description
- Die doel van hierdie studie is om die opkoms van Afrikaanse Instagrampoësie en die literêre en sosiale status daarvan te ondersoek met spesifieke verwysing na die volgende Afrikaanse aanlyn digters en hul selfpublikasies: Skakerings van geel (@skildermetdigkuns) en Alles wat ek wou sê (@ontmasker), sowel as die sogenaamde Rupi Kaur van Afrikaanse Instagrampoësie, (@kaalwoorde), se digbundel Kosmos en komete wat onlangs deur LAPA Uitgewers gepubliseer is. Daar word ondersoek ingestel na die manier waarop die metamodernistiese konteks waarbinne digitale of e-letterkunde ontwikkel het, in dié skryfstyl manifesteer. In my ondersoek fokus ek op metamodernisme eerder as postmodernisme, omdat metamodernisme groter klem op die waarheid en die objektiewe realiteit plaas, wat ʼn opvallende tema in die werk van die gekose digters is. Die impak van aanlyn poësie op die identiteit en voorstelling van die Zoomer-generasie (individue wat ná 1996 gebore is, andersins bekend as generasie Z) word nagespeur ten einde die impak van hierdie poësie op die gemiddelde Afrikaanse Zoomer-leser te bepaal. Verskeie vrae rakende die posisie van Instagrampoësie binne die Afrikaanse literêre diskoers en kanon word ook onder die loep geneem. Die analise en interpretasie van die gedigte is daarop gemik om die literêre status van hierdie gedigte te ondersoek op grond van skryfpatrone, die evolusie daarvan en die gewildheid wat gemeet word in terme van followers (voortaan volgelinge), likes (voortaan bekend as voorkeure) en comments (voortaan kommentaar).1 Daar is bewys dat die metamodernistiese konteks (wat breedvoerig in die studie gekonseptualiseer en in terme van Suid-Afrika gekontekstualiseer word) waarin hierdie gedigte geformuleer en versprei is, ʼn beduidende invloed het op die toon en temas daarvan. Daar word getoon dat die tematiese stryd met kwessies soos identiteit, geloof en liefde in dié woordkuns verband hou met die sosiopolitieke konteks van die Zoomer-generasie. Hierdie metamodernistiese toestand word gekenmerk deur progressiewe denke, diversiteit en ʼn samelewing wat voortdurend verander. Die gevolgtrekking word gemaak dat Afrikaanse Instagrampoësie ʼn literêre diskoers skep met die doel om nuwe idees met betrekking tot die waarhede van ʼn generasie wat dikwels misverstaan en misgekyk word, voor te stel. Die vryheid van Instagrampoësie bied met ander woorde ʼn geleentheid vir Zoomer-denkers om hulle stempel binne ʼn metamoderne samelewing af te druk. Deur Even-Zohar se 1 Instagram-terme wat verwys na die hoeveelheid mense wat die digter volg, sy/haar/sig gedigte lees en dan ook daarop reageer op ʼn “hou van/hou nie van nie” glyskaal. 4 polisisteemteorie en die leser-reaksie-teorie by die ondersoek na die skep en ontvangs van aanlyn poësie te betrek, word aangetoon dat e-letterkunde wel ʼn plek binne die Afrikaanse literêre diskoers vind. Hoewel die skeppingsproses, publikasie en ontvangs van aanlyn poësie verskil van dié van ander literêre vorme, stel die studie hierdie vorm van poësie aan die Afrikaanse literêre diskoers en kanon bekend.
- Description
- Thesis (MA) -- Faculty of Humanities, 2023
- Format
- computer
- Format
- online resource
- Format
- application/pdf
- Format
- 1 online resource (182 pages)
- Format
- Publisher
- Nelson Mandela University
- Publisher
- Faculty of Humanities
- Language
- Afrikaans
- Rights
- Nelson Mandela University
- Rights
- All Rights Reserved
- Rights
- Open Access
- Hits: 653
- Visitors: 751
- Downloads: 176
Thumbnail | File | Description | Size | Format | |||
---|---|---|---|---|---|---|---|
View Details Download | SOURCE1 | De Wet, J.pdf | 1 MB | Adobe Acrobat PDF | View Details Download |