- Title
- ’n Ondersoek na die kriteria vir die realisering van die woordeboekfunksies begrip, produksie en vertaling
- Creator
- Blume, Jadé
- Subject
- Afrikaans language -- translations
- Subject
- Afrikaans language -- Lexicography
- Date Issued
- 2017
- Date
- 2017
- Type
- Thesis
- Type
- Masters
- Type
- MA
- Identifier
- http://hdl.handle.net/10948/14587
- Identifier
- vital:27796
- Description
- Daar is tot dusver nie genoegsaam besin oor die funksies waarvoor gebruikers woordeboeke benut en die woordeboekstrukture en datatipes wat nodig is om die gebruikers se behoeftes te bevredig nie. Hierdie studie betrek aspekte van woordeboeke, wat beteken dat dit binne die leksikografie as dissipline val. Hierdie dissipline is voortdurend besig om te ontwikkel en dek ’n groot area, aangesien verskillende gebruikers verskillende woordeboeke benodig afhangende van spesifieke behoeftes. Daar word aanvaar dat woordeboeke gebruikersvriendelik moet wees en dus op die behoeftes van die teikengebruikers afgestem moet wees en om dit te bepaal, moet die funksies waarvoor die woordeboek gebruik gaan word in ag geneem word. In hierdie studie word die belangrike funksies van begrip, produksie en vertaling as kategorieë vir samestelling gekoppel aan datatipes en strukture. Die rasionaal van hierdie studie is die gebrek aan ’n sistematiese en kritiese studie oor die rol wat die funksies begrip, produksie en vertaling speel by die samestelling van woordeboeke. Die doelwit van hierdie studie is om kriteria vir die inkleding van woordeboekstrukture in terme van woordeboekfunksies tydens die ontwerp en samestelling van woordeboeke (beide gedrukte en elektroniese woordeboeke) vas te stel. Die uitgangspunt is dat dit moontlik is om dit te kan doen en om daardeur ’n raamwerk te skep vir die maak van ’n woordeboek, wat die nuutste teorieë (die funksieteorie, linguistiese teorie en die bruikbaarheidsbenadering van die inligtingstegnologie) in ag neem. Hierdie navorsing is deur middel van ’n literatuurstudie ondersoek en die kriteria is aan die hand van praktiese voorbeelde toegelig.
- Format
- xvi, 214 leaves
- Format
- Publisher
- Nelson Mandela University
- Publisher
- Faculty of Arts
- Language
- English
- Rights
- Nelson Mandela University
- Hits: 1769
- Visitors: 2000
- Downloads: 301
Thumbnail | File | Description | Size | Format | |||
---|---|---|---|---|---|---|---|
View Details Download | SOURCE1 | ’N ondersoek na die kriteria vir die realisering van die woordeboekfunksies begrip, produksie en vertaling | 3 MB | Adobe Acrobat PDF | View Details Download |