Mite-poësie : die mite-skepping in die poësie van William Butler Yeats en Adriaan Roland Holst
- Authors: Milne, Sarah Elizabeth
- Date: 1967
- Subjects: Yeats, W. B. (William Butler), 1865-1939 -- Poetic works , Yeats, W. B. (William Butler), 1865-1939 -- Criticism and interpretation , Roland Holst, Adrianus, 1888-1976 -- Criticism and interpretation , English poetry -- 20th century -- History and criticism , Dutch poetry -- 20th century -- History and criticism , Mythology, Celtic , Mythology in literature
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3640 , http://hdl.handle.net/10962/d1013518
- Description: In my kennismaking met die poësie van Yeats en Roland Holst het ek onvermydelik opgemerk dat hulle sekere simbole ooreenkomstig gebruik, dat hulle dieselfde hoë, aristokratiese waardes handhaaf en gevolglik 'n afkeer het van die moderne massa-demokrasieë. Later het ek ontdek dat albei digters sterk in die Keltiese mites en sages belang gestel het en dat Roland Holst Yeats as 'n belangrike invloed eien. Dit alles, en die feit dat hulle albei enkele gegewens uit die Griekse mitologie daarby voeg in wat hulle "mites" word, het my voorgekom as goeie rede vir 'n vergelykende studie. So 'n ideë-studie het egter gedreig om iets heel anders te word as die literêre beskouing wat ek beoog het. Geleidelik het dit egter geblyk dat die mite méér moet wees dan die ideë-sisteem; en juis dit waardeur die mite meer is dan ideë-sisteem het die belangrikste regverdiging geword vir 'n vergelykende studie, en terselfdertyd, vir 'n toespitsing van die aandag op die poësie.
- Full Text:
- Date Issued: 1967
Lady Die
- Authors: Jephtas, Veronique Bianca
- Date: 2023-10-13
- Subjects: Uncatalogued
- Language: Afrikaans
- Type: Academic theses , Master's theses , text
- Identifier: http://hdl.handle.net/10962/424928 , vital:72194
- Description: My tesis is geskryf in Kaaps en incorporate veskillende streeksvariante vannie taal. Die gedigte is hoofsaaklik innie dialek en ytie perspektief vannie spreker, Pamela geskryf. Tematies issie fokus die seksualiteit ennie inner workings vanne jong, bruinvrou wat haa feminine power probee assert in ’n patriarchal en invasive wêreld. Die bundel illustreer hierdie constant shifting power dynamics dee Pamela en haa vier boyfriends se vehoudings te examine. Wat vorm betref gebryk ek aspekte vannie zuihitsu, spesifiek die free movement tussen genre en styles: veskillende dele vannie bundel is geskryf as prose, poetry en kort, losstaande gedagtes. Ek kies die skryfstyl wattie narrative van oomblik tot oomblik die beste onnersteun, en beperk nie myself tot een consistent vorm nie ––oek kenmerkend van zuihitsu. Literêre invloede virrie teks is The Pillow Book dee Makura no Sōshi. Meer kontemporêre invloede is Kathy Acker, Marie Calloway, Nathan Trantraal en Ronelda S. Kamfer. Acker virrie manier wat sy identiteit illustreer, amper soese collage constructed yt seemingly unrelated stukkies teks en experiences; Calloway vi haa detached en unromanticised skrywe oo sex en vehoudings; Trantraal en Kamfer virrie manier waarop hulle universal stories vetel in ’n taal wat tightly bound is aan ’n baie spesifieke geography. , Thesis (MA) -- Faculty of Humanities, School of Languages and Literatures, 2023
- Full Text:
- Date Issued: 2023-10-13
Ironie en ek : aspekte van die ironie as struktuurfaktor in die romanwerke van Marnix Gijsen
- Authors: Steyn, Karin
- Date: 1971
- Subjects: Irony in literature , Gijsen, Marnix, 1899-1984 -- Criticism and interpretation , Dutch fiction -- 20th Century
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3635 , http://hdl.handle.net/10962/d1013287
- Description: From Nawoord, p. 182. Ironie word in Gijsen se oeuvre nie alleenlik op 'n besondere wyse gebruik as 'n vorm van spel met woorde ter versiering of tot vermaak van die leser nie, maar irornie vorm ook 'n allerbelangrikste aspek van die struktuur van sy verhale. Gijsen "gebruik" nie in die eerste plaas ironie om die een of ander doel te bereik nie. Sy werke is ironies, en 'n begrip van die ironiese struktuur is in elke verhaal essensieel vir "n begrip van die verhaal self.
- Full Text:
- Date Issued: 1971
Investering : die problematiek van investering-besluitneming vir die privaatsektor in die vervaardigingsbedryf in die Grens, Ciskei en Transkei
- Authors: O'Neill, Richard Charles
- Date: 1987
- Subjects: Investments -- South Africa -- Ciskei , Investments -- South Africa -- Transkei
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:924 , http://hdl.handle.net/10962/d1001450
- Description: Die langtermynaard van 'n investering noop die voornemende investeerder om meer omsigtig te beplan as in die geval van 'n belegging wat gewoonlik oor 'n korter termyn strek. Die voornemende investeerder moet besef dat 'n investeringsbesluit nie in isolasie van eksterne faktore geneem kan word nie. Dit is daarom raadsaam dat die voornemende investeerder hom deeglik van die makro- en mikro ekonomiese milieu waarbinne die investering beoog word, sal vergewis. Ten einde die kompleksiteit van investeringsbesluitneming op te helder, word daareerstens in hoofstuk 1 op die begrip van investering gekonsentreer. Voorts word die beginsel dat die investeringsbesluit nie in isolasie geneem kan word nie, beklemtoon. In hierdie opsig word daar veral na die determinante van investering gekyk. In makro-ekonomiese verband word die gedagte sterk beklemtoon dat investering nodig is om kapitaalvorming te laat plaasvind wat op sy beurt een van die vereistes is om ontwikkeling te bevorder. As gevolg van meningsverskille ten opsigte van die invloed van investering in ontwikkelde teenoor ontwikkelende lande is daar gevolglik aandag aan enkele ekonomiese groeimodelle gegee. Gesien uit die oogpunt van die daarstelling van 'n konsessiepakket om streeksekonomiese ontwikkeling te stimuleer, is die huidige konsessiepakket met die determinante van investering vergelyk. Daardeur word die kwessie aangeraak of die konsessiepakket weI die teoretiese determinante van investering in ag geneem het. Die belangrike vraag of die nyweraars self met die konsessiepakket tevrede is, word in die empiriese studie behandel. Die langtermynaard van 'n investering sal die weldeurdagte investeerder dwing om 'n verdere determinant, naamlik die land as risikofaktor deeglik in ag te neem. Met hierdie veronderstelling word daar in hoofstuk 2 na die land waar die investering oorweeg sal word, naamlik Suid-Afrika gekyk. Daar word veral aan die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika aandag gegee. In hierdie opsig word die ongelyke verdeling van inkome wat gedurende die jare al hoe meer beklemtoon is, bespreek en word daar na owerheidspogings gekyk om die probleem op streeksvlak teen te werk. Hierdie owerheidspogings konsentreer helaas op die daarstelling van 'n streeksekonomiese beleid wat moes meehelp om die geografiese verskille in die verdeling van inkome teen te werk. Die streeksekonomiese beleid het gestalte gekry in die vorm van 'n konsessiepakket wat dan ook in hierdie hoofstuk bespreek word. Aangesien die konsessiepakket daarop ingestel was om nyweraars na gedesentraliseerde gebiede te lok, is dit 'n voorwaarde vir die sukses van streeksekonomiese beleid dat nyweraars wat gedesentraliseer het met die konsessiepakket tevrede moet wees. Die navorsingsmetodiek wat gevolg is om hierdie vraag te probeer beantwoord word in hoofstuk 3 bespreek. Daar word in hierdie hoofstuk na die onderwerp, die hipotese, die vraelys en die beantwoordingsmetode gekyk. Hierdie hoofstuk dien dus as 'n skakel tussen die eerste twee hoofstukke wat hoofsaaklik oor die normatiewe en teoretiese aspekte van investering gehandel het en hoofstuk 4 wat die navorsingsresultate oftewel die werklikheid verteenwoordig. Die hipotese dat gedesentraliseerde nywerhede nie met die konsessiepakket tevrede is nie, word in hoofstuk 4 met die navorsingsresultate vergelyk en daar word ook na die verskille wat tussen die Grens, Ciskei en Transkei voorgekom het, gekyk. Die beleidsimplikasies van die navorsingsresultate sowel as In samevatting van die verhandeling word in hoofstuk 5 behandel terwyl daar ook na die implikasies ten opsigte van die huidige debat in die ontwikkelingsekonomie gekyk word (Introduction, p. ix-xi)
- Full Text:
- Date Issued: 1987
Introduction for Piet Koornhof, 1978
- Authors: Henderson, Derek Scott
- Date: 1978
- Subjects: Koornhof, Pieter G.J. (1925-2007)
- Language: Afrikaans , English
- Type: Text
- Identifier: vital:7375 , http://hdl.handle.net/10962/d1017255 , Koornhof, Pieter G.J. (1925-2007)
- Full Text:
- Date Issued: 1978
Hierdie keer gaan nie maklik wees nie
- Authors: Visser, Deon Claudius
- Date: 2021-04
- Subjects: Creative writing (Higher education) -- South Africa , Diaries -- Authorship , Short stories, Afrikaans -- 21st century , Afrikaans fiction -- 21st century , Afrikaans fiction -- History and criticism
- Language: Afrikaans
- Type: thesis , text , Masters , MA
- Identifier: http://hdl.handle.net/10962/178317 , vital:42929
- Description: My tesis bestaan uit twee versamelings van prosa wat verwant en in noue verband met mekaar tree. Die prosa is fragmentaries en kort maar verbind met ‟n oorkoepelende storie wat in beide Afrikaans en Engels voorgelê word. Die Afrikaanse deel van my tesis ondersoek die verlede, en die Engels die toekoms. My algemene bron van inspirasie vir die struktuur en voorlegging van die tesis word verkry vanaf die klassieke raamverteller konvensie soos gebruik in One Thousand and One Nights, hierdie konvensie maak gebruik van raamfragmente wat binne ‟n groter geheel gevind kan word. Dit is juis hierdie komplekse struktuur wat dit moontlik maak om tyd, hede en verlede asook die toekoms, te kan ondersoek en uit te beeld. Verder maak dit dit ook moontlik om gekoppelde herinneringe, gedagteneigings, en fantasieverhale te kan gebruik as die dryfkrag van die oorkoepelende storie. Met betrekking tot kontemporêre fiksie vind ek die meeste aanklank en invloed by Sandra Cisneros se boek House on Mango Street. Ek het by hierdie verhaal geleer hoe om vignette en kortverhale onafhanklik maar met ‟n motief-verbinding aan mekaar te koppel. Tematies gesproke handel my tesis oor herinneringe, nostalgie, familieverhoudings, die dood asook afsluiting en aanbeweging. In terme van hierdie temas vind ek dat Nathan Trantraal se Chokers en Survivors, en Noudat Slapende Honde deur Ronelda S. Kamfer my die meeste insae gee oor die verhouding tussen Afrikaans en Engels in die literatuur. Verder is Loftus Marais se taalgebruik en die vermenging van taal in Staan in die Algemeen Nader aan Vensters ook insiggewend. , Thesis (MA) -- Faculty of Humanities, School of Languages and Literatures, 2021
- Full Text:
- Date Issued: 2021-04
Hans Lodeizen en die romantiek
- Authors: Van der Berg, D Z
- Date: 1980
- Subjects: Lodeizen, Hans, 1924-1950 -- Criticism and interpretation , Poetry, Modern -- History and criticism , Romanticism
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3565 , http://hdl.handle.net/10962/d1002088
- Description: Hans Lodeizen is reeds in 1950 oorlede en alhoewel sy bundel Het lnnerlijk behang reeds meer herdrukke beleef het as enige bundel van bekender Vyftigers soos Remco Campert en Hans Andreus, het daar tot dusver sIegs twee krltiese studies en verder korter artikels oor sy digkuns verskyn. Heelwat kritici wys ook op die romantiese trekke in sy digkuns, maar soos bevestig deur De Rover, is daar nog nie aandag gegee aan wat hierdie "romantiek" dan werklik behels nie. As 'n mens die gedigte van Hans Lodeizen en die kritiese werke daaroor lees, word dit gou duidelik dat daar oënskynlik sterk romantiese trekke in sy digkuns aanwesig is, maar dat dit tog nie suiwer romantiek is nle. Soos Rodenko dit uitdruk: "hij is geen romanticus-uit-één-stuk, maar een gebroken romanticus." Deur twee kritici, nl. Stuiveling en Cartens word hy onderskeidelik egter as ekspressionis en surrealis bestempel. Wanneer ons verder in aanmerking neem dat Lodeizen algemeen aanvaar word as die voorloper, of as lid van die Vyftigers wat skerp van die Romantiek verskil, ontstaan die vraag of dit geregverdig is om Lodeizen as 'n "gebroke" of wat-dan-ook-al romantikus te beskou. Die doel van hierdie tesis is dan om na te gean in hoeverre daar weI sprake van romantiese nalewing in sy digkuns is en of dit net nawerking is. In aansluiting by Ziolkowski sal ons van nalewing praat wanneer 'n sekere gegewe, wat ons op grond van die ontleding van die Romantiek in die eerste hoofstuk as "romanties" ervaar, uit die gees van 'n moderne werk spruit. As nawerking beskou ons dan daardie gevalle waar dit duidelik is, dat ons met 'n teksgedeelte oneie aan die gees van die res van die teks te make het, wat nie op die selfde tydsvlak bestaan nie as die teks waarin dit ingebed is. Aangesien nalewing georiënteer is op die ideologiese inhoud van 'n algemene geesteshouding soos dit in die literêre denke tot uitdrukking kom, moet daar eers vasgestel word of daar wel so 'n gedagtekompleks by verskillende Romantiese digters aan te toon is, want slegs enkele, losstaande elemente vorm nog geensins 'n geesteshoudlng of styl nie. Dit is dan die doel van die volgende hoofstuk, terwyl die daaropvolgende hoofstukke sal probeer vasstel of die hoofkenmerke van die tipologiese romantiek wel in die werk van Hans Lodeizen aanwesig is.
- Full Text:
- Date Issued: 1980
Goeie maniere en etiket
- Authors: Van Staden, Antoinique
- Date: 2016
- Language: Afrikaans , English
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:6011 , http://hdl.handle.net/10962/d1021226
- Description: This bilingual collection of short stories combines the fairy tale form and the Bizarro genre to explore the value system ingrained in me at a very early age via my conservative Afrikaans upbringing. To my mind the four characteristics of the fairy tale form as identified by Kate Bernheimer (in her path-breaking essay “Fairy Tale is form, Form is Fairy Tale”) namely flatness, abstraction, intuitive logic and normalized magic, also apply to the Bizarro genre. This intersection is exemplified by some of Bernheimer's own fiction, as well as the fiction of Aimee Bender and Lucy Corin, among others, all of whom have influenced my writing. , Hierdie tweetalige versameling kortverhale kombineer sprokieselemente met die van die Bizarro-genre, om die waardesisteem wat van kleins af deur my konserwatiewe Afrikaanse opvoeding by my ingeprent is, te ondersoek. Die vier eienskappe van die sprokie word deur Kate Bernheimer in haar baanbrekende opstel Fairy tale is form, Form is fairy tale uitgelê as: ’n onbetrokke verteller, abstraksie, instinktiewe logika en genormaliseerde towerkuns. Na my mening is dié vier eienskappe ook op die Bizarro-genre van toepassing. Hierdie oorvleuling is sigbaar in Bernheimer se fiksie en ook onder andere Lucy Corin en Aimee Bender s'n – skrywers wat my werk beïnvloed het. , This thesis is presented in two parts: Afrikaans and English.
- Full Text:
- Date Issued: 2016
Gewestelike verskynsels in die Afrikaanse spreektaal van Oos-Kaapland met spesiale verwysing na Albanie
- Authors: Van der Mescht, J W F (Johannes Willem Frederik)
- Date: 1977
- Subjects: Afrikaans language -- Dialects
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3643 , http://hdl.handle.net/10962/d1014568
- Description: By 'n dialekgeografiese studie van hierdie aard sal dit by uitstek die verstandigste wees om te begin by 'n omgewing waarin die ondersoeker gebore is en grootgeword het. Die omgang van die ondersoek en die uitgestrektheid van die gebied wat hierby betrokke is maak dit egter vir 'n boorling net so moeilik as vir 'n goeie waarnemer uit enige ander spraakgebied wat ook daartoe in staat behoort te wees om bepaalde foniese, leksikale, grammatiese, semantiese en sintaktiese verskynsels, eienaardighede en tendensies in die spreektaal op te merk. My bekendheid en omgang met Afrikaanssprekendes in hierdie streek wil ek nietemin kortliks soos volg aandui: (a) Wat vir hierdie studie as "randgebiede" beskou kan word. Gebore en opgegroei in Willowmore (19 jaar), onderwysopleiding op Graaff-Reinet (3 jaar). Onderwysondervinding In die distrik Steytlerville (2 ½ jaar). (b) Die eintlike ondersoekgebied. Onderwysondervinding in Oos-Londen en omgewing (6 jaar) , Grahamstad (10 ½ jaar) afgesien van talle lisensies in Oos-Londen en Port E1izabeth en besoeke aan omliggende dorpe en distrikte.
- Full Text:
- Date Issued: 1977
Feministiese vertelstrategieë in 'n metafiksionele teks van Jeanne Goosen
- Authors: Mackenzie, Leonore
- Date: 1991
- Subjects: Goosen, Jeanne Afrikaans fiction -- 20th century -- History and criticism Feminism and literature
- Language: Afrikaans
- Type: text , Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3576 , http://hdl.handle.net/10962/d1002100
- Description: Die roman Ons is nie almal so nie (1990) deur Jeanne Goosen word aangebied in 'n realistiese (oftewel tradisionele) vertelvorm. Feministiese vakkundigheid verwys na die narratiewe tipe as patriargaal of fallosentries. As sodanig, is daar 'n ingrypende verskil tussen die vertelwyse van hierdie teks en die van die outeur se vroeere tekste. Hierdie verskuiwing dien as stimulus vir 'n evaluasie van bogenoemde teks binne 'n raamwerk van die feministiese literere teorie en kritiek. Genoemde verskuiwing beteken ook 'n behoefte na 'n ondersoek van die feministiese literatuur en vakkunde in verhouding tot die heersende manlike "stem" van tradisionele redevoering. Dit word beklemtoon dat elkeen van die feministiese teoretiese standpunte die onvoorwaardelike politieke doelstellings van alle feministiese tekste aan die lig bring. Daar word onder andere te kenne gegee dat patriargale mag nie net op persoonlike vlak voorkom nie, maar ook op die vlak van instellings en sosiale gebruike. Patriargale beheer is dus nie 'n onveranderliknatuurlike gegewe nie; dit is vatbaar vir teoretiese analise en praktiese wysiging. Vanwee die feministiese literere teoriee se preokkupasie met patriargale mag, word hierdie teoriee dikwels gekritiseer as synde onbetrokke by strydvrae ten opsigte van rassisme en klasseverdeling. Dit word erken dat die feministiese literere kritiek die geskil met betrekking tot seksisme moet transendeer; dat die toekoms van die feministiese literere teoriee gelee is in 'n deurdringende gesprekvoering met materialisme. Dit is die uitdruklike doelstelling van die marxisties-feministiese kritiese standpunt om rekening te hou, nie net met vraagpunte ten opsigte van taal en "gender" nie, maar ook van klas en ras. Goosen se teks is besonder ontvanklik vir 'n ondersoek van hierdie verwante probleme. * * * The novel Ons is nie almal so nie (1990) by Jeanne Goosen is presented in a realistic (or traditional) narrative form. In feminist terms this narrative form is referred to as patriarchal or phallocentric. As such, the text differs radically from the narrative mode in which the author's previous texts are presented. This shift invites an assessment of the text within a framework of feminist theory and criticism. Moreover, it indicates the need for an investigation into the relationship of feminist literature and scholarship to the dominant male voice of traditional discourse. It is stressed that each of the feminist theoretical positions reveals the unreservedly political purpose of all feminist writing. It is further suggested that patriarchal power exists in institutions and social practices, not merely in individual intentions. Patriarchal power is therefore not a part of immutable nature, but open to effective theoretical analyses and practical change. Due to their preoccupation with patriarchal power, feminist literary theories are often criticised as being blind to issues of race and/or class. It is recognised that feminist literary theory must transcend the issue of sexism; that its future lies in a far more articulated dialogue with materialism. The express purpose of the marxist-feminist critical position is to take into account questions not only of language and gender, but also of class and race. Goosen's text is particularly receptive to an exploration of these interrelated problems.
- Full Text:
- Date Issued: 1991
Enkele eksistensiële elemente in die prosawerk van Willem Elsschot
- Authors: Saayman, Ellen Tertia
- Date: 1975
- Subjects: Elsschot, Willem, 1882-1960 -- Criticism and interpretation
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3634 , http://hdl.handle.net/10962/d1013113
- Description: Elsschot word dikwels 'n siniese skrywer genoem. Alvorens die geldigheid, al dan nie, van hierdie stalling nagegaan word, volg 'n aantal definisies om te probeer bepaal wat sinisme is. Van Dale gee die volgende verklaring van die woord CYNISCH: "schaamteloos ongevoelig, een stuitend of pijnlijk ongeloof in het goede aan den dag leggende, niet gelovende aan oprechtheid of deugd bij de motieven en daden der mensen en dit met spottende lach of op scherpe,sarcastische wijze laten blijken". Intro., p. 1.
- Full Text:
- Date Issued: 1975
Engel en aarde : gedagtes oor "natuur en bo-natuur" by die lees van Sheila Cussons
- Authors: De Villiers, Johanna Helena
- Date: 1985
- Subjects: Cussons, Sheila -- Criticism and interpretation
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:3619 , http://hdl.handle.net/10962/d1006960
- Description: Hierdie studie is In poging om uit die veelgeskakeerde digwerk van Sheila Cussons een draad te neem en dit deur te volg; in die hoop dat dit 'n Ariadne-draad mag word tot beter besef van die ryk gestruktureerdheid en diepte van haar verwysingsveld, en die betekenis daarvan vir ons tyd. Dis dan primer die beeld van die engel wat nagespeur word, as bonatuurlike wese wat nie tot die vlak van die fisiese inkorporeer nie. (From Ch. 1)
- Full Text:
- Date Issued: 1985
Disco
- Authors: Trantraal, Nathan
- Date: 2020
- Subjects: South African fiction (English) -- 21st century , South African poetry (English) -- 21st century , Afrikaans fiction -- 21st century , Afrikaans poetry -- 21st century
- Language: Afrikaans , English
- Type: text , Thesis , Masters , MA
- Identifier: http://hdl.handle.net/10962/145217 , vital:38419
- Description: Creative writing portfolio.
- Full Text:
- Date Issued: 2020
Die vooruitsig vir Rhodes Universiteit vir 1979
- Authors: Henderson, Derek Scott
- Date: 1979
- Language: Afrikaans
- Type: text
- Identifier: vital:7390 , http://hdl.handle.net/10962/d1017279
- Description: Rhodes Universiteit gaan nog 'n Nuwe Jaar tegemoet, versterk en bemoedig deur die gebeure en behalings wat agter ons le. Ons het so pas, byvoorbeeld, 'n eeu van tersiere opvoeding in Grahamstad herdenk. Dit was eers in 1904 dat die baanbrekende Kollege-afdeling van St Andrew's plek gemaak het vir die nuwe Rhodes-Universiteitskollege. In September 1979 sal ons die 75ste herdenking van daardie gebeurtenis vier met 'n week van feestelikhede, insluitende 'n spesiale gradeplegtigheid, lesings, vertonings en musiek- en dramauitvoerings.
- Full Text:
- Date Issued: 1979
Die verhouding tussen literêre teorie en kritiek in die Afrikaanse literêre sisteem binne die sg. "nuwe paradigma" aan die hand van gekose figure Marianne de Jong, Joan Hambidge en Gerrit Olivier
- Authors: Mudzanani, Nndanduleni Bethuel
- Date: 1990
- Subjects: Olivier, Gerrit, 1954- , Hambidge, Joan, 1956- , De Jong, Marianne , Afrikaans literature -- History and criticism , Afrikaans literature -- Criticism and interpretation
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3599 , http://hdl.handle.net/10962/d1002174 , Olivier, Gerrit, 1954- , Hambidge, Joan, 1956- , De Jong, Marianne , Afrikaans literature -- History and criticism , Afrikaans literature -- Criticism and interpretation
- Description: Currently, in the period of Poststructualism literature is widely approached as a cultural and social phenomenon and the aims of literary studies as the illuminating of social codes, ideology etc. embedded in literature. This study evaluates the contribution of specific critics working within the so-called "New paradigm". The concept "New paradigm" is used as an umbrella term covering a number of distinct developments, referring to literature as a system of literary "actions" rather than as a canon of books. In recent years several Afrikaans critics have embraced or adapted current theories in the domains of Deconstruction, Ideology Criticism, Literary, Sociology, Recepticm Aesthetics, Semiotics and Feminism. This study explores and evaluates the application of such theoretical paradigms to their work in the field of practical criticism. This study also explores the relationship between current theories of literature and their antecedents. The notion of current literary theory and practice not only as a broadening of scope and content of the notion of the "literary" but on the other hand as a liberation of theory and practice from an over-deterministic thrust (i.e. the approach of literature as no more than a set of social documents) is also evaluated in this study. A twofold aim of this study can thus be defined: a. to determine the extent to which the shift from the "old" to "new" theories was made necessary by the developing literary and social scene; b. to examine the links beween theory and practice in the work of specific, key figures in Afrikaans. Is it possible for theory and practice to be separated? Is there an important consistence in the relationship between the two in the work of the figures chosen?
- Full Text:
- Date Issued: 1990
Die stedelike informele sektor in die volkshuishouding van die Ciskei
- Authors: Jacobs, François Alwyn
- Date: 1981
- Subjects: Community development -- South Africa -- Ciskei , Urban policy -- South Africa -- Ciskei , Ciskei (South Africa) -- Economic conditions
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MCom
- Identifier: vital:1054 , http://hdl.handle.net/10962/d1006876 , Community development -- South Africa -- Ciskei , Urban policy -- South Africa -- Ciskei , Ciskei (South Africa) -- Economic conditions
- Full Text:
- Date Issued: 1981
Die sielkundige aanpassing van drie groepe Bantoes volgens die Rorschach toets
- Authors: Du Preez, Pieter Hendrik
- Date: 1968
- Subjects: Rorschach test Black people -- South Africa -- Psychology Ethnopsychology
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:3203 , http://hdl.handle.net/10962/d1011495
- Description: Die huidige belangrike rol wat die Bantoe van Afrika in internasionale sake speel, is welbekend. So ook die belangrikheid van die Suid-Afrikaanse Bantoe. Hierdie belangrikheid van die Bantoe het egter verbasend skielik en vinnig gekom, so vinnig dat wetenskaplike kennis van hom as mens, nie kon tred hou nie, met die gevolg dat die beskaafde wereld hom swak ken. Die doel van hierdie proefskrif is dan ook om meer Iig te probeer werp op die persoonlikheid van die Bantoe en die lnvloed wat die snel veranderende omstandighede op hom uitoefen. Ten einde die maksimum waarde uit die Rorschach toets wat aangewend is, te verkry, is dlt nodig om beide die determinants berekenings sowel as die inhoudsanalise in berekening te bring. Vir navorsingsdoeleindes waar die resultate van verskeie proefpersone saamgevoeg word in verskiIlende groepe, is dit egter 'n moelIike taak om die gegewens kwantitatief hanteerbaar te kry. Dit is die rede waarom in hierdie studie van ordeskale gebruik gemaak is wat vir die doel heel doeltreffend blyk te gewees het.
- Full Text:
- Date Issued: 1968
Die psigopaat as kliënt in die Maatskaplike Werk
- Authors: Venter, Pieter Viviers
- Date: 1977
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MSocSc
- Identifier: vital:21106 , http://hdl.handle.net/10962/6410
- Full Text:
- Date Issued: 1977
Die Ndzundza-Ndebele en die blankes in Transvaal, 1845-1883
- Authors: Van Jaarsveld, Floris Albertus, 1922-1995
- Date: 1986
- Subjects: Ndebele (African people) -- History , Transvaal (South Africa) -- History
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:2578 , http://hdl.handle.net/10962/d1004379 , Ndebele (African people) -- History , Transvaal (South Africa) -- History
- Description: In 1969 het Leonard Thompson met reg beweer dat Suid-Afrikaanse historici hulle tot op hede hoofsaaklik besig gehou het met die doen en late van 'n Blanke gemeenskap wat die land sedert 1652 oorheers het. Die Swartman was die "forgotten factor" in die geskiedenis van Suider-Afrika. Waar die Swartman die onderwerp van wetenskaplike studie was, is dit aan argeoloë, linguiste, etnoloë en fisiese en sosiale antropoloë oorgelaat. Tereg het Thompson kort hierna opgemerk: "We need to know much more about the complex process by which African chiefdoms became incorporated in white controlled politics in the late nineteenth century. Only when monographs have been written on several individual cases, shall we be in a position to reach definite conclusions about the process as a whole ". Sedert hierdie uitspraak van Thompson het verskeie historici hulle op die terrein van die "forgotten factor" begewe. Omvangryke publikasies oor onder andere die Zulu, Pedi, Sotho asook die Swazi's het sedertdien die lig gesien, terwyl 'n werk oor die Tswana van Wes-Transvaal pas verskyn het. Hierteenoor het heelwat van die kleiner en minder invloedryke swart groeperinge tot op hede steeds agterweë gebly. Wat Noordoos Transvaal betref - meer spesifiek die gebied tussen die Elandsrivier, die Lebomboberg en die Krokodilrivier wat die Ohrigstadse Volksraad in 1846 van Mswati gekoop het, was daar behalwe die Pedi verskeie ander groepe aanwesig wat almal gedurende die loop van die negentiende eeu onder Blanke gesag gekom het. Hieronder het getel die Ndzundza, die Kopa, Tau, Kwena, Ntwane, Koni, Rôka, Kutswe , Pai en Pulana, waarvan die Ndzundza en Kopa die belangrikste was. Ten spyte van die feit dat daar heelwat argivale bronne oor hierdie groepe bestaan, het geen navorser dit tot op hede nog ontgin nie. Oor die onderwerping van hierdie stamme aan Blanke gesag gedurende die negentiende eeu, is daar weinig bekend. Wat die Ndzundza-geskiedenis betref, geld Thompson se opmerking nog steeds dat historici wetenskaplike studie oor die Swartes tradisioneel aan navorsers uit ander dissiplines oorgelaat het. Dit blyk duidelik uit 'n ontleding van sekondêre materiaal wat oor die Ndzundza bestaan. Verskeie studies van volkekundige aard is oor die verskillende kulturele fasette en pre-koloniale geskiedenis van die Transvaalse Ndebele, waarvan die Ndzundza deel uitmaak, gedoen. In die meeste van hierdie studies word die pre-Blanke geskiedenis van die Ndzundza as inleiding aangebied, terwyl daar in sommige gevalle ook na die historiese tydperk verwys word. Op hierdie wyse is die herkomsgeskiedenis van die Ndzundza met behulp van mondelinge tradisies redelik volledig opgeteken. As gevolg van die feit dat geen argivale bronne geraadpleeg is nie, is die volkekundige werke wat die historiese tydperk betref, deurspek met spekulasies, onjuisthede en valse aannames. Met enkele uitsonderings berus verwysings deur die enkele historici wat die Ndzundza-geskiedenis behandel, veral met betrekking tot die tydperk voor 1882, grootliks op die uitsprake van volkekundiges. Dit het meegebring dat die huidige beeld en feitelikhede omtrent die negentiende eeuse Ndzundza-geskiedenis onjuis is, veral soos dit in algemene geskiedenisse opgeteken staan. Hierteenoor het verskeie historici die Mapoch-oorlog van 1882- 1883, waartydens die Ndzundza hul onafhanklikheid verloor het, behandel. In sy biografie oor genl P. J. Joubert het J. A. Mouton die oorlog tot 'n enkele hoofstuk beperk. Vir Mouton gaan dit egter om Joubert se persoonlike aandeel en gee hy gevolglik nie veel aandag aan die belangrikste aspek van die oorlog, naamlik die oorsake, nie. H. P. van Coller het in 1941 'n MA-verhandeling die lig laat sien waarin die oorsake en verloop van die Mapoch-oorlog beskryf word. Van Coller se uiteensetting omtrent die oorsake van die oorlog is egter ontoereikend aangesien dit heelwat onjuisthede bevat, geweldig subjektief is en nie ontkom aan naïewe aannames en uitsprake nie. Die belangrikste oorsaak van die oorlog, naamlik gronddispute, word deur Van Coller geignoreer. Voorts behandel hy die oorlog as 'n gevolg van die moord op Sekhukhune, sodat die Ndzundza "toevallig" betrek word. Ander historici se verwysings na die oorlog is ook ontoereikend omdat dit in die meeste gevalle beperk bly tot enkele bladsye en paragrawe. Tot op hede is die negentiende eeuse Ndzundza-geskiedenis dus nog of onvolledig, of onjuis opgeteken. Met hierdie studie word gepoog om 'n bydrae in hierdie verband te maak. Omdat die historisiese feite omtrent die verloop van die 1882-1883 oorlog grootliks bekend is, val die klem op die tydperk daarvóór. Voorts moet dit gemeld word dat dit in hierdie studie hoofsaaklik gaan om die faktore wat die verhoudinge tussen die Ndzundza en die Blankes bepaal het, te elimineer. Ander aspekte wat ter sprake kom is onder andere die uitwerking wat die Blanke besetting van Noordoos-Transvaal op die Ndzundza gehad het, gronddispute, arbeidsaangeleenthede, Swazi- en die Pedi-deelname in die Blankes se pogings om die Ndzundza te onderwerp van die asook die uiteindelike vernietiging en verlies onafhanklikheid van die Ndzundza. Die spelwyse van sekere name en benaminge wat in hierdie verhandeling voorkom, het in sommige gevalle probleme opgelewer. Die meerderheid Ndebele name is gespel volgens die voorskrifte van die Suid-Ndebele taalraad. Waar die korrekte moderne spelling van Swartes se name nie vasgestel kon word nie, is dit in aanhalingstekens weergegee soos dit in die dokument voorkom. AIle amptelike benamings soos staatspresident of koloniale sekretaris is in die teks met 'n kleinlettertjie gespel maar in die voetnotas met 'n hoofletter. Die motivering hiervoor is die Afrikaanse gebruik om amptelike benamings binne Westerse staatsverband met 'n hoofletter te spel maar benamings in tradisionele verband soos kaptein, opperhoof of hoofman met 'n kleinlettertjie, wat myns insiens op diskriminasie neerkom. Wat die spel van die woord swart betref: Waar dit as byvoeglike naamwoord gebruik word (bv. swart kindertjies), is deurgaans van kleinletters gebruik gemaak. Hoofletters is gebruik wanneer dit as selfstandige naamwoord gebruik word, bv. Die Swartes. Die terme kaffer en meid is waar moontlik, vermy. Die aangehaalde stukke waarin dit weI voorkom, moet nie as beledigend beskou word nie maar as verteenwoordigend van die terminolgoie van 'n bepaalde tyd in die geskiedenis. Die bedoeling was geensins om enigiemand te na te kom nie. wat ter sprake kom.
- Full Text:
- Date Issued: 1986
Die musikale potensiaal van die kleuter en die ontwikkeling van 'n sillabus vir pre-primêre musiekopvoeding met besondere verwysing na die Dalcroze-, Kodaly-, en Orff-metodes
- Authors: Hendrikse, Salomé
- Date: 1982
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MMus
- Identifier: vital:2667 , http://hdl.handle.net/10962/d1006147
- Full Text:
- Date Issued: 1982